top of page
20.png

ATLETIEK

giphy (8).gif
20.png
4-unscreen.gif
A3-unscreen.gif

Hier is harde werk en die ontwikkeling van elke  atleet die boustene van sukses.

Motivering, saamwerk, saamgroei en saamdroom verseker dat die atletiekspan van Hoër Volkskool vonkel met spangees en toewyding. 

Ons spog met ‘n groot aantal atlete wat elke jaar stof in ander skole se oë skop.

  • 59 Atlete dring deur na  die D7–  Kampioenskappe

  • 25 Atlete kwalifiseer vir die Gauteng Kampioenskappe

  • 5 Atlete dring deur na Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe

  • Karel Olwage word as die  2019 Suid-Afrikaanse 0/17- hoogspring kampioen gekroon en in 2020 stap hy met die 0/18 sliwer medalje weg..

  • Bianca Erasmus is in 2018 die Afrika 0/17- hoogspring kampioen en  verteenwoordig  Suid-Afrika tydens die Jeug Olimpiese spele in Argentinië.

Ons het al verskeie Suid-Afrikaanse atletiekkampioene  opgelewer in die  afgelope jare en het uitstekende afrigters wat baan– en veld atlete   voor en  binne  atletiekseisoen bystaan.

Landloop is `n sportsoort waaraan enige leerder kan deelneem en bied die geleentheid tot fiksheid, liggaamlike ontwikkeling, uithouvermoë en deursettingsvermoë. Die leerder leer dat hy/sy met selfdissipline sy/haar eie vermoëns tot prestasie en sukses bepaal wat tot hoë hoogtes kan lei.

Landloop leer ‘n leerder gesonde eetgewoontes, hoe om beserings, terugslae en teleurstellings te hanteer.  Landloop is `n sport wat op `n hoë ouderdom steeds beoefen kan word en bied die leerder geleenthede om aan die Suid-Afrikaanse- en ASA kampioenskappe deel te neem.

 

HOË PRESTASIESENTRUM

VIR ENIGE NAVRAE KONTAK

LOUWTJIE DALHOUZIE BY:

atletiek@volkies.co.za

© 2023 by Name of Site. Proudly created with Wix.com

bottom of page